Goeiedag Mense!
Help asb met goeie raad - ek weet NIKS van motorfietse nie, maar dit lyk al meer na n bekostigbare uitweg.
Doelstelling:
Om n motorfiets aan te skaf vir daaglikse vervoerdoeleindes oor die Kalahari se grondpaaie.
Agtergrond:
- Uit en uit finansieel - n bakkie raak te duur. (Brandstof is die eerste kopseer, en onderhoud is ook n probleem. Selfs nuwe bakkies is al lendelam geskud na 100 000km. Die oorsaak is eenvoudig dat die paaie min geskraap word - die voertuie verniel met ons daaglikse werk.)
- Ek ry eintlik net vir besoeke en eredienste - behalwe vir veiligheid in ongelukke kom n bakkie nie tot sy reg nie.
Behoeftes:
- Beter brandstofverbruik en paaiement as n bakkie (maklik haalbaar met n motorfiets
)
- Iets wat nie breek nie, anders staar ek 20km of 30km te voet in die gesig.
- Gemiddelde spoed van 80km/u oor n baie slegte grondpad kan loop.
- Lae onderhoudskoste
- Maklike hantering - ek wil nie val nie!
- Ek MAG NIE iets ry wat te vinnig kan loop nie - dit sal maak dat ek te vinnig ry wanneer ek laat is.
- 20 000km/jaar
Gedagtes:
- Die SA forums se voorstel is gereeld om met n klein (125cc / 150cc) te begin totdat n mens oor die nodige kundigheid beskik
- As n kleiner motorfiets (tot maks 300cc) die werk kan doen, is ek heeltemal tevrede daarmee
- ATGATT
- Diere is n probleem in ons omgewing!!! Koedoes, vlakvarke, beeste en donkies beland gereeld voor of teen voertuie.
- Mates: 1.72m @ 77kg
- Die ervare motorfietsryers in hierdie dele het voorgestel dat ek na n Honda XR of n KTM kyk.
- n Pakrak sal baie help om die nodige goedjies in saam te ry. Of sal n rugsak ook werk?
- Niks met n "powerband" nie - hy gaan my onkant vang en afsaal.
Vrae:
- Watter soort motorfiets / enjin / bande?
- Enduro / motocross / dual purpose?
- 2- of 4-stroke?
- 125cc / 150cc / 230cc / 300cc ?
- Wat is werklike onderhoudskoste op n motorfiets?
- Ek moet hom self diens
- Wat kos bande - ek neem aan "nobbies" is aan te beveel
- Enige onvoorsiene uitgawes waarvoor n mens moet begroot?
- Wat kos ATGATT-klere?
- Hoe maklik is dit om ekstra ligte op te sit? Ek moet soms in skemer of donker ry.
Prys:
- Ek hoop om weg te kom met R20 000 - R40 000.
- Daar is BAIE 125's beskikbaar - dit lyk na n haalbare opsie om mee te begin.
By voorbaat dank vir die hulp!