Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 20 of 23

Thread: Help tog asb die groentjie!!!

  1. #1
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default Help tog asb die groentjie!!!

    Goeiedag Mense!

    Help asb met goeie raad - ek weet NIKS van motorfietse nie, maar dit lyk al meer na n bekostigbare uitweg.

    Doelstelling:
    Om n motorfiets aan te skaf vir daaglikse vervoerdoeleindes oor die Kalahari se grondpaaie.

    Agtergrond:
    • Uit en uit finansieel - n bakkie raak te duur. (Brandstof is die eerste kopseer, en onderhoud is ook n probleem. Selfs nuwe bakkies is al lendelam geskud na 100 000km. Die oorsaak is eenvoudig dat die paaie min geskraap word - die voertuie verniel met ons daaglikse werk.)
    • Ek ry eintlik net vir besoeke en eredienste - behalwe vir veiligheid in ongelukke kom n bakkie nie tot sy reg nie.


    Behoeftes:
    • Beter brandstofverbruik en paaiement as n bakkie (maklik haalbaar met n motorfiets )
    • Iets wat nie breek nie, anders staar ek 20km of 30km te voet in die gesig.
    • Gemiddelde spoed van 80km/u oor n baie slegte grondpad kan loop.
    • Lae onderhoudskoste
    • Maklike hantering - ek wil nie val nie!
    • Ek MAG NIE iets ry wat te vinnig kan loop nie - dit sal maak dat ek te vinnig ry wanneer ek laat is.
    • 20 000km/jaar


    Gedagtes:
    • Die SA forums se voorstel is gereeld om met n klein (125cc / 150cc) te begin totdat n mens oor die nodige kundigheid beskik
    • As n kleiner motorfiets (tot maks 300cc) die werk kan doen, is ek heeltemal tevrede daarmee
    • ATGATT
    • Diere is n probleem in ons omgewing!!! Koedoes, vlakvarke, beeste en donkies beland gereeld voor of teen voertuie.
    • Mates: 1.72m @ 77kg
    • Die ervare motorfietsryers in hierdie dele het voorgestel dat ek na n Honda XR of n KTM kyk.
    • n Pakrak sal baie help om die nodige goedjies in saam te ry. Of sal n rugsak ook werk?
    • Niks met n "powerband" nie - hy gaan my onkant vang en afsaal.


    Vrae:
    • Watter soort motorfiets / enjin / bande?


    1. Enduro / motocross / dual purpose?
    2. 2- of 4-stroke?
    3. 125cc / 150cc / 230cc / 300cc ?


    • Wat is werklike onderhoudskoste op n motorfiets?


    1. Ek moet hom self diens
    2. Wat kos bande - ek neem aan "nobbies" is aan te beveel
    3. Enige onvoorsiene uitgawes waarvoor n mens moet begroot?


    • Wat kos ATGATT-klere?
    • Hoe maklik is dit om ekstra ligte op te sit? Ek moet soms in skemer of donker ry.


    Prys:
    • Ek hoop om weg te kom met R20 000 - R40 000.
    • Daar is BAIE 125's beskikbaar - dit lyk na n haalbare opsie om mee te begin.


    By voorbaat dank vir die hulp!
    Last edited by Ds J; 16-07-2018 at 11:18 PM.

  2. #2
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Jaapsan View Post
    Goeiedag Mense!

    Vrae:
    • Watter soort motorfiets / enjin / bande?


    1. Enduro / motocross / dual purpose? Ek sou duel purpose verkies.
    2. 2- of 4-stroke? 2-Strokes bestaan nie regtig meer nie, behalwe in off-road fietse.
    3. 125cc / 150cc / 230cc / 300cc ? Persoonlik nie kleiner as 300cc nie.


    • Wat is werklike onderhoudskoste op n motorfiets?


    1. Ek moet hom self diens Dit hang baie af van die fiets. Dit kan dramaties verskil van maak tot maak. As jy self diens is dit natuurlik heelwat goedkoper. Dis moeilik om te s wat die werklike onderhoudskostes is. 'n Diens kan seker so tussen R500 en R1500 kos.
    2. Wat kos bande - ek neem aan "nobbies" is aan te beveel Bande is duur. Maklik R3500 vir 'n stel. Knobblies is reg vir sagte paaie, maar hou nie juis op harde paaie nie.
    3. Enige onvoorsiene uitgawes waarvoor n mens moet begroot? Skade agv 'n val.


    • Wat kos ATGATT-klere? Helmet, baadjie, handskoene, boots en broek kan soveel as R5000 - R20000 kos.
    • Hoe maklik is dit om ekstra ligte op te sit? Ek moet soms in skemer of donker ry. Maklik. Net soos met 'n kar. Gebruik eerder LED ligte aangesien hulle nie so baie krag trek nie en 'n kleiner fiets het nie 'n reuse battery of kragopwekker nie.


  3. #3
    Biker BloodLeshen's Avatar
    Join Date
    Jun 2018
    Location
    Brackenfell,
    Bike
    CBX 250 - Ronin
    Region
    Western Cape
    Posts
    59

    Default

    Ek sal luister wat AMZ s.

    Persoonlike sou ek s 'n:
    -Honda XR190
    https://www.honda.co.za/en/products/...view/features/
    -Yamaha TW200.
    http://www.yamaha-motor.co.za/tw200/

    Die ding van die TW200 is daar is 'n rede so baie boere gebruik hul nog al die jare. Ek weet nie wat die nuutstes se prys is nie maar hul mag dalk effens duur gaan. Ek dink mens moet ook kyk of die parte makliker beskikbaar sou wees in dorpe naby. Dit is op die ou end wat die verskil kan maak in dienste.

    "n Oom van my het 'n XR125 vir dieselfde doel. Dit werk goed en hy jaag ook nie. Hy is 60+ so gebruik dit maar om rond te ry op die plaas paaie tussen die perde stalle ens maar Hy ry nie so baie Km 'n maand nie so mens moet net hul diens tydperk dophou.

    Mens het ook die CRF250 en CRF250 Rally maar hul is baie duurder.

    Wat van 'n Quad Bike? Ek weet nie hoe die petrol verbruik is nie en hoeveel hul deesdae kos nie maar ons het destyds Suzuki LT160's gebruik op die plase en dai goed het lekker gewerk.

    Die ding is jy het baie pakplek vir 'n tool box of watokal jy nodig het kan jy saamvat. Dit is net so onveilig maar tog persoonlik dink ek as jy veilig ry en jou gewig reg plaas is dit wel veiliger en 1 klip gaan nie jou laat grond koop nie. Ek weet net niks van die dienste af nie maar al die Witzenberg plase het daai Lt160's ook gebruik vir die voormanne.

    Miskien kan AMZ en die gevordere manne meer lig skyn op die Quad Bikes.

  4. #4
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quad bikes kan nie wettig op ons paaie gebruik word nie, dus a Ds J op openbare paaie wil ry is 'n quad nie 'n opsie nie.

  5. #5
    Biker BloodLeshen's Avatar
    Join Date
    Jun 2018
    Location
    Brackenfell,
    Bike
    CBX 250 - Ronin
    Region
    Western Cape
    Posts
    59

    Default

    Quote Originally Posted by AMZ View Post
    Quad bikes kan nie wettig op ons paaie gebruik word nie, dus a Ds J op openbare paaie wil ry is 'n quad nie 'n opsie nie.
    Ja nee ek het half gelees.. Ek sien nou eers die doel is vir besoek en eredienste. Ek was onder die indruk dit is meer vir informele grond/plaas paaie. En 80km/h op 'n kleiner quad bike gaan ook maar sukkel.

  6. #6
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by BloodLeshen View Post
    Ja nee ek het half gelees.. Ek sien nou eers die doel is vir besoek en eredienste. Ek was onder die indruk dit is meer vir informele grond/plaas paaie. En 80km/h op 'n kleiner quad bike gaan ook maar sukkel.
    Jip. Daarby sal 80km/h op 'n groter quad jou petrolrekening breek.

  7. #7
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Naand, baie dankie vir die terugvoer.

    Sover ek kon sien het die CRF-fietse nie ligte nie, en die XR-reeks het darem een lig elk. Ek sal soms soos vanaand in die donker of skemer moet ry - dan val die CRF-reeks in beginsel uit, of mis ek iets?

    Hoe maklik of moeilik is dit om ekstra beligting te monteer? Ek het vanaand teen 21:00 koedoes en donkies in die pad gekry. Dit sal werklik help om hulle verder te kan raaksien.

    Wat is die voordele van n groter enjin, behalwe kraglewering? Ek is bekommerd dat die langdurige en permanente harde werk n 125cc kan ooreis.

    Ekstra inligting: ek het vandag 300km vanaf Stella oor Piet Plessis na Boshoek en terug gery. Die paaie is deels weer geskraap en deels soos normaal, dws growwe sinkplaat, sand en stroke effe klipperig.
    Last edited by Ds J; 18-07-2018 at 12:29 AM.

  8. #8
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Ds J View Post
    Naand, baie dankie vir die terugvoer.

    Sover ek kon sien het die CRF-fietse nie ligte nie, en die XR-reeks het darem een lig elk. Ek sal soms soos vanaand in die donker of skemer moet ry - dan val die CRF-reeks in beginsel uit, of mis ek iets?

    Hoe maklik of moeilik is dit om ekstra beligting te monteer? Ek het vanaand teen 21:00 koedoes en donkies in die pad gekry. Dit sal werklik help om hulle verder te kan raaksien.

    Wat is die voordele van n groter enjin, behalwe kraglewering? Ek is bekommerd dat die langdurige en permanente harde werk n 125cc kan ooreis.

    Ekstra inligting: ek het vandag 300km vanaf Stella oor Piet Plessis na Boshoek en terug gery. Die paaie is deels weer geskraap en deels soos normaal, dws growwe sinkplaat, sand en stroke effe klipperig.
    Sekere Honda CRF fietse is off-road fietse (so geklasifiseer op E-Natis) en selfs al sit jy die nodige, soos ligte op, is dit steeds nie padwaardig nie en sal jy sukkel om dit padwaardig te maak. Dit is in my opinie nie die sukkel werd nie. Ander Honda CRF fietse, die L en Ralley as ek dit reg het is wel padfietse met die nodige toerusting en as padfietse op E-Natis geregistreer.

    Die voordele van 'n groter enjin gaan nie net oor die enjin nie, maar oor die hele ervaring. 'n 125cc het maar min perde, maar dan is die hele fiets gebou om daai min perde te hanteer. Dink aan suspensie, remme, rygerief, ens. As voorbeeld, die verskil in prys (R80k teenoor R200k) van 'n BMW G310GS en 'n BMW R1200GS sit nie net in die 900cc meer enjin nie.

    Soos reeds ges, ek persoonlik sal nie kleiner as 300cc gaan nie. As jy gereeld 'n 300km roete ry, sal ek nie kleiner as 650cc gaan nie. As daardie 300km roete gereeld op grondpaaie is sal ek dalk by die bakkie hou.
    Last edited by AMZ; 18-07-2018 at 01:50 PM.

  9. #9
    I am dreaming of a mielie field ...
    Pirate's Avatar
    Join Date
    Jul 2013
    Location
    East Rand
    Bike
    Gobolino, my sister's 125cc Bajaj Platina
    Region
    Gauteng
    Posts
    1,004

    Default

    Ds J ek is nie 'n kenner nie, ek is ook nie baie ervare nie (ry nou eers gereeld vanaf Desember 2017) en wat ek nou deel is my gedagtes oor die saak.

    Jou bekommernis oor die 125cc is gegrond. Ek stem saam met AMZ oor niks kleiner as 'n 300CC nie. Die rede is dat daar wel tye gaan wees waar jy op teerpad ry, en al is dit net 'n paar minute af en toe. Om teerpad te ry teen spoedgrens vat nogal aan die kleiner enjins. Vra my, ek weet, my fiets staan nou omdat ek die enjin te lank gedruk het om by 120 te probeer uitkom en nog nie kans gehad het om te kyk wat het losgegaan nie. En nee, ek kon nie eens regkry om by die spoedgrens te kom nie Kleiner enjins kan teerpad ry, maar myne doen hoofsaaklik 75kmh gemaklik, nie vinniger nie. Ek het 'n padfiets, so ek vermy grondpaaie met haar. Dis wel 'n fiets wat baie in Indie op grondpaaie gebruik word, verstaan ek.

    Ek ry af en toe met 'n 250cc Twister. Baie lekker fiets, en regtig 'n plesier om te ry. Om te spring van my 125cc na die 250cc is nie so 'n groot sprong nie, en dit het my een rit gevat om die verskil te voel en gewoond te raak.

    Ek sou eerder kyk na 'n tweedehandse 600cc klas dual sport. Iets soos 'n Kawasaki KLR 650, Honda XR650L of Suzuki DR650SE wat goed opgepas is. Selfs die effens groter 800cc BMW GS, maar hulle raak bietjie duur vir wat jy gese het jou begroting is. Ek is nie seker hoeveel van hierdie klas fietse hier in SA beskikbaar is nie, of wat die kostes is nie. Maar die bietjie ekstra krag laat nogal 'n groot mate van "headroom", vir daardie gevalle waar die beesmis die waaier tref. Dis 'n klas waarmee jy gemaklik sal kan leer, wat jou gemaklik met 'n passasier sal kan vervoer tussen die plase en om 'n top box of kantsakke op te sit vir die ekstra benodighede, selfs kruideniersware. As top spoed te veel van 'n probleem is, kan jy dit relatief maklik skuif na versnelling toe deur die ketting se "sprockets" te ruil, (top spoed is minder, maar versnelling is sterkter) maar die meerderheid van hierdie tipe fietse gaan relatief beperk wees in terme van top spoed. Enigiets van 'n 250cc en op gaan jy maklik 80kmh op die grondpad kan kry, maar die moeilikheid is daardie kere wat jy op 'n teerpad is. 'n Groter enjin sal waarskynlik makliker kan doen wat jy van dit verwag, en die addisionele kostes van 'n groter enjin is nie so baie nie. Jou dienste gaan net bietjie meer olie benodig, bietjie ekstra vir 'n filter hier en daar, maar ek voel die groter en sterker fiets is dit werd. Die ander rede is dat jy eenkeer 'n fiets wil koop. Die naaste handelaar is vr van julle af, waarskynlik Mahikeng, Klerksdorp of Lichtenburg. Dalk Vryburg, maar ek weet nie. As jy nou 'n 125cc koop, en jy wil oor 'n jaar opgradeer 250cc toe, en dalk na nog 2 jaar weer opgradeer na 600cc, mag dit dalk 'n probleem wees.

    Ek voel enige fiets wat jy gaan kry om 'n bakkie te vervang, sal moet padwaardig wees. Selfs SA se grondpaaie word geklassifiseer as 'n publieke pad, en om 'n voertuig op hulle te ry moet dit wettig/padwaardig wees. Vir 'n motorfiets om padwaardig te wees moet hy ligte h. Bly dan eerder weg van motocross af. As jy stadig ry, behoort 1 voorlopig genoeg te wees. As jy regtig nog meer wil opsit, kry wat bekend staan as "crash bars", dan kan jy ekstra ligte daarop sit met die bonus dat as jy omval, die enjin beskermd sal wees. Baie BMW's doen dit. Groter enjin behoort ook sterk genoeg coil h om die ligte te kan gebruik sonder om batterylading te belemmer.

    ATGATT... begroot ten minste R10 000 vir ordentlike klere, nuut. Jy kan tweedehands wegkom, maar MOENIE 'n tweedehandse helmet koop nie... dis jou lewe wat daarvan afhang.

    Kry 'n paar opsies, en gaan toetsry hulle elkeen. Jy moet gemaklik voel op die fiets. Kies die een wat met jou praat, dan het die fiets jou gekies en nie andersom nie.

    As al wat ek nou gedoen het om jou nog meer deurmekaar te maak, vra ek om verskoning,maar jy het gevra vir advies.
    Ride so you can ride again tomorrow.
    From your friendly cager

  10. #10
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Goeienaand , baie dankie vir die terugvoer. Ek het nou begin verstaan waarom n groter enjin nodig is - die skietwreld noem dit "use enough gun". Dit maak dat hy nie so hard werk om my gewig te karwei nie, en gee die bietjie ekstra krag as dit nodig sou wees.

    My versigtigheid het maar daarmee te doen dat ek al n paar motorfietsbegrafnisse gehou het ...

    Vryburg is ons naaste dorp wat meer as die spreekwoordelike "Sjinees en twee drankwinkels" het. Ek kon nog nie uitvind van n motorfietswinkel nie maar Midas is die Honda-agente. Sal bietjie daar loop snuffel.

  11. #11
    Biker
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Bike
    R1200GS LC
    Region
    Eastern Cape
    Posts
    25

    Default

    Soos ek afly - het jy nie ervaring op motorfiets ry nie. Om te leer op grondpad wat nie in gooie kondisie is nie gaan ook sy probleme he - baaie ervaare ryers hou nie van los sand nie. Soos die mense se - jy sal moet kyk na die 650 klas en hulle is nogal relatief hoog wat die leer ook gaan bemooilik. Onderhouds kostes is ook duurder as op 'n bakkie - meer gereeld bande en dienste asook die gooters wat breek. Koop 'n Honda XR190 om te leer en sien of dit vir jou gaan werk. As jy dit geniet - sal jy nie te veel verloor om te upgrade. Net my opinie. Ignoreer as jy wel ondervinding het.

  12. #12
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Ds J View Post
    Goeienaand , baie dankie vir die terugvoer. Ek het nou begin verstaan waarom n groter enjin nodig is - die skietwreld noem dit "use enough gun". Dit maak dat hy nie so hard werk om my gewig te karwei nie, en gee die bietjie ekstra krag as dit nodig sou wees.

    My versigtigheid het maar daarmee te doen dat ek al n paar motorfietsbegrafnisse gehou het ...

    Vryburg is ons naaste dorp wat meer as die spreekwoordelike "Sjinees en twee drankwinkels" het. Ek kon nog nie uitvind van n motorfietswinkel nie maar Midas is die Honda-agente. Sal bietjie daar loop snuffel.
    Ek verstaan jou versigtigheid. Motorfietse is gevaarliker as 'n bakkie, daarom kan mens nie kom nie, maar neem ook in ag, as jy op 80 val tref jy die grond dieselfde, ongeag of jy van 'n 125 of 650 afval. Onthou ook dat die 650 klas fietse waarvan on hier praat nie sportfietse is nie, so hulle is darem nie onredelik vinnig nie.

    Ek stem saam met BabyBeemer dat mens klein begin. Die probleem daarmee is die kostes. Dan moet jy twee keer koop en dis vir baie van ons 'n probleem. Ekself het vir 5 jaar lank mense leer motorfiets ry en met die kennis beveel ek 'n fiets aan as beginnerfiets wat wel baie goeie diens later ook kan doen. As jy soek sal jy goeies in jou begroting ook kry.

    Die fiets is die BMW F650GS, die een silinder, maw. 2007 model of ouer. Daar is 'n paar redes waarom ek die fiets noem.

    - Dit is 'n maklik fiets om mee te leer ry en dit is uiters vergewendgesind.
    - Is gemaklik, selfs op die lang pad.
    - Hulle is redelik vrylik beskikbaar teen redelike pryse.
    - Hulle is gehard en breek nie maklik duur onderdele af as hulle omval nie.
    - Hulle is nie blitsvinnig nie, maar is vinnig en sterk genoeg om snelwe spoed + VAT gemaklik te handhaaf.
    - Redelik ekonomies.

    Daar is ander ook wat reeds genoem is en enige dag net so goed soos die klein BMW is. Fietse soos die Kawasaki KLR650. Yamaha XT660. Ek noem suiwer die BMW omdat ek vele mense op hulle geleer ry het, onder andere my vrou wat vandag 'n 1200 BMW ry.

    Voorbeeld:

    https://forum.thinkbike.co.za/showth...650-Dakar-2005

  13. #13
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Naand Mense,

    Julle het my nou behoorlik aan die dink. En ek het gister n Honda XR 125 gesien - hy is werklik n bietjie lig in die broek vir die harde Kalaharipaaie. Die outjie gaan hard werk om my betyds vir afsprake te he.

    Om op die paaie te leer ry sal my nie skade doen nie - dit is immers wat ek daarmee wil doen. Toe ons hier begin het, het ek met my ou Hilux letterlik 60km/u gery totdat ek die pad se grille en giere gewoond was, en daarna kon dit flukser vorder. Met n motorfiets sal dit net nog versigter moet gaan, want ek het werklik nie plan om n plasie te koop wat in elk geval gevat sal word nie.

    Dit maak ook eerder sin om uit die staanspoor n groter fiets aan te skaf wat my n langer dienstydperk kan gee, maar daaroor sal ek nog n bietjie broei.

    Quote Originally Posted by BabyBeemer View Post
    Soos ek afly - het jy nie ervaring op motorfiets ry nie. Om te leer op grondpad wat nie in gooie kondisie is nie gaan ook sy probleme he - baaie ervaare ryers hou nie van los sand nie. Soos die mense se - jy sal moet kyk na die 650 klas en hulle is nogal relatief hoog wat die leer ook gaan bemooilik. Onderhoudskostes is ook duurder as op 'n bakkie - meer gereeld bande en dienste asook die gooters wat breek.
    Hierdie kommentaar oor die onderhoudskostes het my effe bekommerd. Ek probeer juis wegkom van onderhoudskoste. Dit help nie as die fietse my op die end meer uit die sak jaag as my ou bakkie nie. Dan kan ek maar met die bakkie aangaan, of mis ek iets?

    Ander vragie waarom verskil die wiele se grootte op n motorfiets?

  14. #14
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Ds J View Post
    Hierdie kommentaar oor die onderhoudskostes het my effe bekommerd. Ek probeer juis wegkom van onderhoudskoste. Dit help nie as die fietse my op die end meer uit die sak jaag as my ou bakkie nie. Dan kan ek maar met die bakkie aangaan, of mis ek iets?
    Dit is 'n baie moelike som om te maak en een waaroor ons maande lank kan stry. As jy 10 mense vra, gaan jy 10 antwoorde kry omdat dit so dramaties verskil van persoon tot persoon.

    Motorfietsbande kan duurder wees oor die langtermyn want jy het hulle meer gereeld nodig, maar hoe lank die bande hou hang dramaties af van hoe jy ry. Baie meer as by 'n kar. Tussen my vriendekring is manne wat so min as 8000km op 'n agterband kry, terwyl ander soveel as 25000km en selfs 35000km met dieselfde band en dieselfde fiets kry. Mens kan dus duidelik sien dat die mater wat 8000km kry, onderhoudskoste anders sal sien. Dieselfde is waar vir remblokke. Voor, tussen 20000km en 60000km en agter tussen 10000km en 30000km.

    Die fiets bring natuurlik 'n onmiddelike besparing in terme van brandstof verbruik, maar dit is ook afhanklik van elke ou se persoonlike situasie. As ek na my eie situasie kyk is die brandstofverbruik verskil tussen my bakkie (4.0 V6) en my fiets (R1200GS), tydens my daaglike werktoe en terug ry, sowat R128. Maal dit met 22 werksdae, dan spaar die fiets my R2800 aan petrol. Dit raak aan R30000 'n jaar. Die fiets se duurder instandhouding (indien dit bestaan), bo die bakkie is nie naastenby R30000 nie. Die ding is, vergelyk dit met 'n Chevvie Spark of Hyumdai I10 en die prentjie verander dramaties.

    Wat vir my ook belangrik is, is dat die bakkie baie gespaar word. My bakkie is 12 jaar oud en het maar 150 000km op die klok. As ek nie die fiets gehad het nie, het die bakkie nou al naby aan 400 000km opgehd, of andesr gestel, moes ek dit een, self dalk twee keer vervang het.

    Dit bly maar 'n moelike som om te maak, en dis beter dat elkeen dit vir homself maak.

  15. #15
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Dankie AMZ, dit is omtrent soos ek dit verstaan. Gegewe dat ek hoofsaaklik rustiger oor langer afstande op grondpad ry kan ek waarskynlik met laer onderhoudskostes reken, behalwe dalk op die bande. Hulle gaan houe vat op die grondpad. - die meeste bestuurders reken met n stel bande per jaar want klippe sny die sye stukkend.

    Ek het gekyk na die BMW 650GS'e. Dit is werklik bendrukkende masjiene. Eek sal egter eers op een moet probeer sit om te kyk of my voete grond raak ;)

  16. #16
    Hooligan Biker

    Join Date
    Oct 2016
    Location
    Quellerina - Johannesburg
    Bike
    Tiger 800XCA
    Region
    Gauteng
    Posts
    170

    Default

    Dominee - wanneer (nie as) jy gaan val, moet jy onthou jy ry alleen op moeilike paaie soms in die nag in 'n wereld waar selfoon ontvangs tien teen een maar skraps is. Dit vat net een slaggat wat jy nie sien/verwag of 'n koedoe wat dink hy gaan bo-oor daai bike hooflig spring - soos wat die stupid bok nou maar graag doen.

    Ek is die laaste ou wat mense sal afraai om bike te ry (ry self elke dag vir meer as 30 jaar) maar hierdie ding wat jy aan dink om te doen is 'n onverbloemde geval van HKGK (as jy nie weet wat dit beteken nie, vra een van die ouer garde wat in die army was)

    By all means, koop vir jou 'n ligte 190/250 en ry rond vir jou plesier - daai ding is nie gebou vir dit wat jy ingedagte het nie maar dit sal jou bedag maak waarvoor jy jouself inlaat.

    Veilig ry.
    When you talk, you are only repeating what you know; but when you listen, you learn something new.

  17. #17
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Quote Originally Posted by Q View Post
    Dominee - wanneer (nie as) jy gaan val, moet jy onthou jy ry alleen op moeilike paaie soms in die nag in 'n wereld waar selfoon ontvangs tien teen een maar skraps is. Dit vat net een slaggat wat jy nie sien/verwag of 'n koedoe wat dink hy gaan bo-oor daai bike hooflig spring - soos wat die stupid bok nou maar graag doen.

    Ek is die laaste ou wat mense sal afraai om bike te ry (ry self elke dag vir meer as 30 jaar) maar hierdie ding wat jy aan dink om te doen is 'n onverbloemde geval van HKGK (as jy nie weet wat dit beteken nie, vra een van die ouer garde wat in die army was)

    By all means, koop vir jou 'n ligte 190/250 en ry rond vir jou plesier - daai ding is nie gebou vir dit wat jy ingedagte het nie maar dit sal jou bedag maak waarvoor jy jouself inlaat.

    Veilig ry.
    Ek moet bietjie lag - jy, en die kerkraad, en my vrou praat nou dieselfde taal.

    Dalk moet ek maar begin luister, of dan net my sake so reel dat ek werklik voor sononder tuis is.

  18. #18
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Q View Post
    Dominee - wanneer (nie as) jy gaan val, moet jy onthou jy ry alleen op moeilike paaie soms in die nag in 'n wereld waar selfoon ontvangs tien teen een maar skraps is. Dit vat net een slaggat wat jy nie sien/verwag of 'n koedoe wat dink hy gaan bo-oor daai bike hooflig spring - soos wat die stupid bok nou maar graag doen.

    Ek is die laaste ou wat mense sal afraai om bike te ry (ry self elke dag vir meer as 30 jaar) maar hierdie ding wat jy aan dink om te doen is 'n onverbloemde geval van HKGK (as jy nie weet wat dit beteken nie, vra een van die ouer garde wat in die army was)

    By all means, koop vir jou 'n ligte 190/250 en ry rond vir jou plesier - daai ding is nie gebou vir dit wat jy ingedagte het nie maar dit sal jou bedag maak waarvoor jy jouself inlaat.

    Veilig ry.
    Ek kan nie juis van Q verskil nie (behalwe oor die enjin grootte). Ek persoonlik ry al jare, maar sal nie sommer lang grondpaaie alleen aanpak nie en veral nie in die nag nie. Kort ritte die kant toe en daai kant, geen probleem nie, maar lang ritte (veral as dit in die nag in gaan loop) maak my maar baie lugtig.

  19. #19
    N00b
    Join Date
    Jul 2018
    Bike
    Waiting
    Region
    North West
    Posts
    12

    Default

    Quote Originally Posted by AMZ View Post
    Ek kan nie juis van Q verskil nie (behalwe oor die enjin grootte). Ek persoonlik ry al jare, maar sal nie sommer lang grondpaaie alleen aanpak nie en veral nie in die nag nie. Kort ritte die kant toe en daai kant, geen probleem nie, maar lang ritte (veral as dit in die nag in gaan loop) maak my maar baie lugtig.
    Ons bly op Stella en werk tussen die gemeentes te Vryburg, Stella en Piet Plessis.

    Daar is genoegsaam gevaarlike en onverantwoordelike bestuurders op die teerpaaie dat ek nie graag die kans op n motorfiets wil waag nie, al is dit ook hoeveel goedkoper.

    Die kopseer is die gebied noord en noord-oos van Stella want die teerpad stop op Stella. Wanneer ons plekke soos Vergelegen of Boshoek besoek is dit rou harde grondpad. Dit is eintlik prentjiemooi en rustige wereld, dus is elke rit n plesier want die natuur is ongerep. Om in n raserige bakkie slegs van huis tot huis te jaag laat my soms bietjie skuldig voel. Om bedags in hierdie wereld met n motorfiets te ry kan net n plesier wees. Daar is trouens een persoon wat al vir n hele klompie jare die gebied met n motorfiets deurkruis.

    Die probleem kom in met onvoorsiene afsprake, of wanneer sake langer vat as beplan. Dan moet n mens donkertyd huis toe. Dit is ten minste 70km.

    Ek sal nog n bietjie dink oor die saak. Eerlik gese is my batterye nou so n bietjie nat

  20. #20
    Nuon Fangirl

    Join Date
    Mar 2008
    Bike
    BMW R1200GS
    Region
    Gauteng
    Posts
    39,060

    Default

    Quote Originally Posted by Ds J View Post
    Ek sal nog n bietjie dink oor die saak. Eerlik gese is my batterye nou so n bietjie nat
    Jammer man, maar raad is raad. Ons s dit maar hoe ons dit sien.

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •